Local newsNews

Die VLU gaan steeds van krag tot krag

Die VLU is ’n vroue organisasie wat vroue bemagtig en verryk. Hulle glo in bemagtiging deur verskeie vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Boksburg staan steeds sterk.

Dit is bewys by die gesellige vergadeing wat onlangs by die NG Kerk in Voortrekkerstraat gehou is.

Tiaan Olivier, die fotograaf, het die gaste by die geleentheid toegespreek. Hy het ’n paar tegnieke en wenke oor hoe om hande af te neem met hulle gedeel.

 

Fotograaf Tiaan Olivier deel fotografie wenke met die vroue van die VLU.

Die Boksburg-tak kom elke eerste Woensdag van die maand by NG Kerk Boksburg, ook bekend as die Klipkerk, bymekaar.

Marinda Janse van Rensburg, skakelbeampte van die VLU Boksburg, moedig die gemeenskap ook aan om ’n draai by die sop en sjerrie-oggend te maak. Die geleentheid vind op 20 Julie by die NG Kerk in Jubileeweg met Mathys Roets as gas plaas.

Alta Prinsloo kan by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae gekontak word.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Related Articles

Back to top button