Editor's choiceLocal newsNews

Jacaranda FM kuier by die Jansies

Die besoek was in dieselfde formaat as die #MySchoolRocks kompetisie, waar Martin Bester regstreeks vanaf skole uitgesaai het.

Martin Bester, die gewilde Jacaranda FM radio-omroeper en sy span van die Breakfast with Martin Bester het op 16 April tydens ’n besoek aan die skool bewys dat die Jansies gees het.

Martin se span was al dou voor dag in Boksburg en was al 6 uur reg vir die Jansies en het tot 9 uur regstreeks vanaf die skool uitgesaai.

Die doel van Jakaranda se Breakfast with Martin Bester se besoek was om die opedag en die skool in die algemeen te bemark.

Jansen se hoof en adjunkhoof het die dag afgeskop met die geluid van kragtige motors toe hulle in Ferraris gery het, wat aansluit by die opedag se tema, Formule Jansen – Die wedren na jou toekoms!

EG Jansen se onderwysers het ook skoolklere aangetrek wat vir hope pret gesorg het.

Laerskool Concordia is ook deur die loop van die program aangewys as die #SkoolMetDieBesteGees.

Concordia was een van vele laerskole wat die Jansie Bom (kreet) uitdaging voltooi het. Laerskole het video opnames gemaak terwyl leerders die ‘Die Jansen Bom’ gedoen het. Hulle wen ’n skootrekenaar en drukker wat deur HomeCorp geborg is.

Saarkie, die energieke Rock ‘n Roll musiekgroep, het ook ’n aandeel in die dag se sukses gehad. Die skool se gees het behoorlik opgetel tydens die groep se regstreekse optrede.

Louise Rautenbach en Adri Cloete, onderwysers by Hoërskool Dr EG Jansen.

Die skare het ook gejuig toe Martin Bester aankondig dat hy meer van die musiekgroep Die Heuwels Fantasties se musiek gaan speel nadat die hoofdogter, Bernice Swartz, hom ingelig het dat hulle ’n gunsteling onder die skool se leerlinge is.

“Dit was ’n groot voorreg om Martin Bester by ons skool ontvang,” sê die skoolhoof, Leon de Beer.

Matthew Vosloo, Andrea Jansen en Michael Beyleveld.

EG Jansen glo dat hul beslis die skool van hoë gehalte is en voel dat hulle bewys het waarom hulle ‘rock’.

Martin Bester het by die Liberty Radio Awards 2019 die ‘Best Breakfast Presenter (commercial)’ toekenning gewen.

Jason Breytenbach, Matthew du Plessis, Cameron van Wyk, Ewald Janse van Rensburg, Chanté van Nierop, Bernice Swartz en Franco Enslin saam met Martin Bester van Jacaranda FM.

LEES OOK:

Watch: Atlasville hosts Rian and team from Jacaranda FM

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Related Articles

Back to top button