Local newsNews

Tracey-Lee verower 37 medaljes by die SA Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste

Sy droom daarvan om eendag na Metropallian Opera House in New York toe te gaan, aangesien hulle op haar gunsteling genre, opera, fokus.

Uitvoerende kunstenaars gee áltyd ’n stukkie van hulself.

Dit is volgens die veelsydige kunstenaar, Tracey-Lee Booysens (20) van Boksburg wat op 8 April by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste gekies is om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig.

Dit is die agtste keer wat sy aan die kompetisie deelgeneem het, maar hierdie keer het sy daarop gefokus om haar talent as solokunstenaar te ontwikkel.

Sy het 25 goue-, sewe silwer- en vyf bronsmedaljes verower. Die talentvolle kunstenaar het die trofee vir die algehele beste vroulike sanger tussen 18 en 25 ontvang.

Sy het ook ’n trofee vir die beste duet tussen 18 en 25 verower.

Tracey-Lee moes aanlyn registreer en daarna het die streng keuringsproses begin. Die oudisie in Sandton het haar hele dag in beslag geneem, maar dit was steeds vir haar ’n belewenis.

Sy is ’n mense-mens wat van die geleentheid gebruik gemaak het om ander te leer ken.

Sy het op nege-jarige ouderdom besluit het om die uitvoerende kunste bedryf aan te durf nie. Sy het op 10 begin klavier speel en het ook haar eie liedjie geskryf.

Haar musiekafrigter en inspirasie, Dr Maudé Ochse, het haar aangemoedig om haarself te ontwikkel deur in ander genres deel te neem.

“Die kompetisie skep ’n platform vir uitvoerende kunstenaars om in die bedryf naam te maak. Selfs die bekende Armand Joubert het ook aan die kompetisie deelgeneem omdat dit hom ook die geleentheid kan bied om oorsee te kan deelneem.

“My grootste uitdaging was om op my voete te bly,” vertel Tracey-Lee. Sy moes on pointe balletskoene bemeester.

Tracey-Lee geniet haar studentedae by Trinity College London en word elke dag, veral in die eksamen, iets wys.

Tracey- Lee sien daarna uit om Los Angeles toe te gaan, maar benodig ’n borg. Kontak haar op 076 330 8580 vir meer inligting.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

 

Related Articles

Back to top button