NewsSchoolsUpdate

Devon gekroon as SA-skaakkampioen

Die nederige Devon bly glo dat harde werk en oefening die enigste manier is om jouself te verbeter. Die jongeling is beslis iemand om dop te hou.

Na ’n uitmerglende vier ure kon Devon Smit vir sy laaste opponent “skaakmat” sê.

Hy het van 17 tot 22 April aan die SA Geslote Kampioenskappe teen ander skaakreuse van die land deelgeneem.

Na nege rondtes, wat oor vyf dae by die Kopanong Hotel en Conference Centre plaasgevind het, kon Devon ’n sug van verligting slaak toe hy as die o-14 kampioen gekroon is.

In totaal het 29 spelers van reg oor die land gereis met die hoop om die titel in te palm, maar Devon het die oorhand gehad toe hy as kampioen aangewys is met die sewe uit nege punte wat hy verower het.

So kwalifiseer Devon ook vir die nasionale span en staan hy nou gereed om Suid-Afrika te verteenwoordig in vier toernooie wat gedurende die komende jaar gaan plaasvind.

Benewens die toernooie in Indië, Spanje en China, gaan die hy ook in die Statebond-skaaktoernooi in Afrika deelneem.

“Ek is verskriklik trots op Devon. ’n Mens kan nie anders as om sy talent te bewonder nie. Hy bly my verbaas,” vertel Leona Olivier, skaakorganiseerder van Hoërskool Dr EG Jansen.

“Sy harde werk en toewyding aan skaak het hom bo die res laat uitstaan.”

LEES OOK

Skaakwonder van EG Jansen reg vir die SA’s

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

Back to top button