NewsSchools

Skaakwonder van EG Jansen reg vir die SA’s

Devon se plan is om die Jansies trots maak wanneer hy hulle by die Potch-reeks in April gaan verteenwoordig.

Devon Smit is ’n 14-jarige skaakwonder van Hoërskool Dr EG Jansen wat homself al as die posisie van tweede beste speler in die land in sy ouderdomsgroep laat inkuil het.

Hy sal Ekurhuleni by die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe gedurende die Maart-vakansie verteenwoordig nadat hy eerste by die Ekurhuleni Grand Prix Open en Ekurhuleni Open laasjaar geëindig het.

Sy passie vir skaak het in Graad Drie begin toe sy ouers hom aangeraai het om agter die skaak bord in te skuif. Dit was maar net die begin.

Brighton Mthunzi is Devon se afrigter, en het gesê die jongeling staan minstens ‘n uur op ‘n dag aan skaak af.

“Jy moet net baie gereeld oefen, dan word jy beter,” sê Devon beskeie.

Sy raad aan ander spelers is oefen en nogmaals oefen.

Hy is tans die vierde beste speler in die land. Volgens Leona Olivier, skaakorganiseerder van EG Jansen, is dit ’n reuse prestasie aangesien dit nie in enige iemand se broek sit om dit te kan bereik nie.

Vasberade om sy pad na bo oop te skuif, sê die briljante speler: “Ek droom daarvan om Magnus Carlson van Noorweë se rekord na te jaag. Hy is immers al vir agt jaar die beste speler in die wêreld.”

LEES OOK:

Hoërskool Dr EG Jansen learner excels at Ekurhuleni Academic

EG Jansen ready to rumble at rugby festival

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

 
Back to top button