NewsSchools

Video: Rekord van 258 eenhede bloed by Concordia op een dag ingesamel

Concordia het ’n hele paar dae lank groot rooi strikke op die hekke vasgemaak om almal te herinner om bloed te skenk.

 

Laerskool Concordia se simbool van twee harte wat saam klop en hul leuse van ‘werk saam’ is die perfekte voorbeeld om die skool se nuutse projek te beskryf.

Die gemeenskap het saam gewerk met die skool om harte gesond te laat klop.

Met die vakansietyd wat nader stap en duisende mense wat bloed gaan benodig, het Laerskool Concordia ’n unieke initiatief begin wat lewens kan red.

Concordia wil poog om die Guiness Wêreldrekord te breek vir die meeste eenhede bruikbare bloed wat binne ’n sewe uur tydperk op dieselfde plek geskenk word.

Die skool het almal in die gemeenskap genooi om in die skoolsaal bloed te skenk.

“Al kan kinders eers op 16 jaar bloed skenk, is dit belangrik om die leerlinge vanaf ’n jong ouderdom te leer hoe belangrik dit is om bloed te skenk,” het Sibongile Nkosi van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloedbank (SANB) gesê.

“Dit moedig ook leerlinge aan om hulle ouers te herinner om bloed te skenk. Om bloed te skenk is baie spesiaal as jy dit kan doen, en kan ’n groot verskil in die wêreld maak.”

Op 16 Oktober om 9vm het ouers, personeel, familie en vriende saamgedrom daarvoor.

Laerskool Concordia se skoolsaal was propvol, almal reg om te skenk.

Die SANBS span was reg met naalde, beddens, sap en koekies om die skenkers by te staan.

Die opwinding was groot en die beheerliggaamlede en onderwysers het almal rooi aangehad om die dag van skenk te vier. Daar was koffie en tee bedien.

Die skool het gegons, nie net met benoude skenkers wat bang was vir dik naalde nie, maar ook met ’n atmosfeer van hoop, om soveel mense moontlik te help wat bloed gaan benodig tydens die feestyd.

Tot 4nm het skenkers die saal volgesit. Party skenkers het geglimlag, party was benoud, maar die bloed het gevloei.

“Ons het 258 eenhede ingesamel wat nie net ’n nuwe rekord vir Boksburg is nie maar ook ’n nuwe SA rekord vir meeste eenhede op een dag en op een perseel.

“Ons glo dat dit ’n nuwe wêreldrekord is maar ons sal eers moet wag vir amptelike uitslae,” het Ronel Steenkamp, organiseerder van die dag gesê.

Laerskool Concordia se Faktotum, Morné le Grange het sy 57ste bloedskenking gemaak.

Atlas Vermaak woon al die afgelope 25 jaar in Witfield, en het sy 100ste skenking aan die SANBS in Concordia se skoolsaal kom maak.

Vermaak (72) het die eerste keer in 1993 bloed geskenk.

Die Advertiser het ook bloed geskenk en was eerste om reg te sit vir ’n skenking saam met die skoolhoof Christo Lodder.

“Dit is wonderlik. Ons is so bly die gemeenskap het bymekaar gekom en kom skenk,” sê Trude Gaarekoe van SANBS.

“Baie dankie aan al ons ouers, EG Jansen leerlinge, personeel en elke liewe een wat kom bloed skenk het. Dit word waardeer. So red ons lewens,” het Laerskool Concordia se Facebookblad gelees.

LEES OOK:

Remember to give the gift of life on World Blood Donor Day

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

 

Related Articles

Back to top button