Local newsNews

Gratis gesondheid-ekspo word aangebied

Die deure sal met verloop van die hele Sondag tussen 9vm tot 5nm oop wees.

’n Gratis gesondheid-ekspo word op 20 Mei aangebied en die hele Boksburg is genooi.

Hierdie gemeenskapsprojek sal in die Sewendedag-Adventiste kerksaal, op die hoek van Champion en Agtstestrate, plaasvind.

Dit beloof om ’n inssigewende dag te wees en ’n kans om vriendelik te sosialiseer rondom jou kosbaarste besitting, jou gesondheid.

Daar word onder meer geweeg, bloeddruk geneem, longkapasiteite getoets, fiksheidstoetse gedoen en elke persoon se gesondheidsouderdom word aan die einde bepaal.

Skakel Yvonne de Kock by 011 825 5987 of 076 741 9498 vir enige verdere inligting.

Related Articles

Back to top button