Local newsNews

Dit is mos nou lekker om minderbevoorregtes te help

Die Mosbolletjie-groep van die Witfield Hervormende Kerk het hul vingers stompies gewerk en dit alles vir ’n goeie doel.

Elke jaar brei die Mosbolletjies snoesige winter items wat aan die minderbevoorregtes uitgedeel word.

Die groep bestaan uit ongeveer agt dames waarvan die jongste, Eliah Naicker, 15 jaar oud is.

Altesaam het hulle 213 truie, 69 serpe, 76 mussies, 68 pare sokkies en 23 poppies en teddies gemaak.

Die breiwerk is op 31 Mei aan die Boksburg Laerskole Voedingskema en aan Salf (Sisters Assisting those Less Fortunate) oorhandig, wat dit dan by drie skole, twee plakkerskampe en ’n karavaanpark gaan uitdeel.

Alida Bekker, koördineerder van die Mosbolletjies, bedank almal wat bygedra het tot hierdie goeie daad.

“Ons harte gaan uit na almal wat enige bydraes gelewer het,” sê sy.

Die Mosbolletjies is reeds volstoom aan die werk om nuwe voorraad vir volgende jaar te brei.

Diegene wat ’n bydra wil lewer tot die Mosbolletjie-groep kan vir Alida by 011 826 3378 of by 083 542 7272 skakel.

Related Articles

Back to top button