Rijnhardt Groenewald, hoofleier van die Hoërskool Oosterlig, is verkies om aan die Internasionale Skolekriekettoernooi in Melbourne, Australië, vanaf 10 tot 17 Desember, te gaan deelneem. Hoërskool Oosterlig is baie trots op hom en hoop dat hy van die geleentheid gebruik sal kan maak om sy krieketvaardighede te verbeter.
Dylan Lange is verkies om Suid-Gauteng op nasionale vlak in diepseehengel te verteenwoordig, by die jaarlikse Nasionale Junior Interprovinsiale Kampioenskappe vir 2016. Hierdie geleentheid het vanaf 17 tot 22 Julie in Kwazulu-Natal plaasgevind. Tydens dié geleentheid was die Nasionale Junior Protea keurders teenwoordig. Dylan is ook verkies tot kaptein van die o-19 Suid-Gauteng Diepseehengelspan.Jason Mitchell is verkies tot die SA Bokkie rugbyspan wat gedurende Oktober na Rusland toer.