EntertainmentLifestyle

Riana Nel kuier binnekort by die Barnyard

Riana Nel, ongetwyfeld een van Suid-Afrika se grootste supersterre, kuier binnekort op die Barnyard Theatre by Emperors Palace se verhoog.

Dié multi-platinum verkoper se tweede album, Die Regte Tyd, is verlede jaar vrygestel.

Met haar plat op die aarde geaardheid en kreatiewe komposisies wat sy binne enkele sekondes optower, is Riana beslis die liefling van die musiekbedryf. Sy word beskryf as ’n doodgewone plaasmeisie waarby talle aanhangers maklik aansluiting vind.

Met 100 000 eenhede reeds verkoop is dit geen verrassing dat Riana een van die top verkopende vroulike kunstenaars is nie.

Toekennings bly instroom vir Riana en Die Moeite Werd is as beste pop album in 2012 by die Tempo Toekennings vereer.

Riana het ook die gesogte beste liedjieskrywer-titel met Johan Vorster by die 2013 Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings gedeel.

By vanjaar se Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings is sy as vroulike kunstenaar van die jaar aangewys, vereer vir die beste pop album deur ’n vroulike kunstenaar en het ’n toekenning ontvang as die beste liedjieskryfster.

Riana Nel sal by die Barnyard Theatre op 14 Augustus, om 8nm optree. Kaartjies beloop R150 per persoon en kan by Barnyard Theatre bespreek word.

Related Articles

Back to top button