Editor's choiceLocal newsNews

Remax breek wêreldrekord met kosinsameling

In ’n poging om honde- en katkos vir nie-winsgewende diere organisasies in te samel, het Remax Randgro binne ’n kort tydperk van drie dae die Guinness World Record gebreek om 15 493kg kos in te samel.

Remax Randgro personeel het vanaf Februarie 28 tot Maart 2 by winkelsentrums in Boksburg en Benoni gaan staan om hierdie enorme gewig kos in te samel.

Sommige skole het ook projekte van stapel gestuur om by te dra tot hierdie wêreldrekord.

Remax Randgro het dit goed gedink om 2000kg kos aan die Boksburg DBV te skenk.

By die eerste oorhandiging op Dinsdag, Maart 10, het hulle slegs 1 000kg gegee.

Daar sal ’n tweede rondte wees waar hulle die res oorhandig.

Boksburg DBV bestuurder, Wilma Steynbergh, sê dat die DBV verskriklik dankbaar is vir hierdie goedhartige gebaar, aangesien hulle ’n gedurende en aanhoudende tekort aan kos het.

“Ons waardeer mense soos Remax wat met ons meegevoel betuig,” sê Steynbergh.

Die oorblywende kos sal onder ander nie-winsgewende diere organisasies verdeel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button