Lifestyle

Hoe rook jou vel beïnvloed

Studies wys dat iemand wat 70 jaar oud is en 30 sigarette per dag rook, se vel 14 jaar ouer is!

Drie skrikwekkende redes waarom rook sleg is vir jou

1. Rook vernou die klein bloedvaatjies in die buitenste lagie van jou vel; dit verminder bloedvloei en veroorsaak dat jou vel minder suurstof en voedingstowwe kry wat belangrik is vir jou vel se gesondheid.

2. Rook beskadig ook kolageen- en elastien-produksie; wat die boublokke van jou vel is en veroorsaak dat jou vel minder elasties is.

3. Die manier waarop jy jou mond trek as jy jou sigaret teug en jou oë klein maak om te keer dat die rook daarin gaan, dra ook by tot meer plooie rondom hierdie dele.

Lees meer oor die nadele van rook hier:

Wees gesonder, hou op rook!

Stop jou nikotien-verslawing met oefening

E-sigaret vir jou?

Die artikel Hoe rook jou vel beïnvloed het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

 
Back to top button