EntertainmentLifestyle

Trevor Nasser gesamentlik met plaaslike talent; moenie dit misloop nie

Musiekliefhebbers kan uitsien na 'n gekombineerde konsert met musiek legende Trevor Nasser en plaaslike musiekante Heinrich en Anzelle Kamffer.

Die opvoering, “‘n Bietjie van alles”, sal op 31 Oktober by die Gereformeerde Kerk Benoni plaasvind.

Nasser speel die kitaar, banjo en mandolien en het oor die jare ‘n huishoudelike naam geword met gunsteling treffers in Afrikaans en Engels, insluitend Vyfster, Kinders van die Wind, Danny Boy, Crazy, Blue Eyes Crying in the Rain en vele meer.

Heinrich (21) en Anzelle (18) is ‘n broer en suster sangerduo van Rynfield, wie alreeds ‘n tweede CD, “Over Time”, vrygestel het.

Die twee het ‘n liefde vir musiek en weet net hoe om hul talente te kombineer om ‘n vermaaklike musikale reeks na vore te bring.

Woon die konsert by vir ‘n gekombineerde ervaring van kwaliteite talent.

Vir verdere inligting, skakel Adri Kamffer by 083 448 5163 of Ina Bolt by die kerkkantoor by 084 339 1136.

Die kerk is geleë by 24 Miles Sharpstraat, Benoni en die konsert begin om 6.30nm.

Related Articles

Back to top button