EntertainmentLifestyle

Wen kaartjies na Country Legendes en Vriende

Die langverwagte terugkeer van Lefra Produksies se Country Legendes en Vriende na Carnival City se Big Top Arena is bevestig vir Saterdag 4 Oktober.

Hierdie ongeëwenaarde byeenkoms van die legendes van Suid-Afrikaanse country musiek en ’n nuwe generasie van country sangers sal een van die grootste country vertonings ooit wees.

Voortbouend op die sukses van die vorige Country Legendes en Vriende, sal legendes soos Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce, Sally Vaughn, Tommy Dell en Jody Wayne optree saam met hulle vriende, die superster Juanita du Plessis, Jason Bradley, Chantell Williams en die Rodeo Girls in ’n skouspel waarin dié kunstenaars weereens bevestig sal word as legendes en legendes-in-wording in die country musiek wêreld.

Besoek www.lefra.com of stuur ’n e-pos na info@lefra.co.za vir meer inligting.

Die vertoning begin om 8nm.

Wen kaartjies:

Drie lesers staan ‘n kans om elkeen ‘n dubbelkaartjie te wen na vanjaar se Country Legendes en Vriende.

Om deel te neem aan Benoni City Times en Lefra Produksies se Country Legendes en Vriende 2014-kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: WEN BENONI CITY TIMES COUNTRY, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP.

Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com met COUNTRY BENONI CITY TIMES KOMPETISIE as onderwerp.

Die kompetisie sluit op Woensdag, 1 Oktober, middernag.

Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing is finaal.

SMS’e kos R1,50 elk.

Related Articles

Back to top button