Probleme met parkering

Elize Koster skryf per e-pos:

Dit gaan oor die parkering by die Northmead Square.

Ek is baie ongelukkig daaroor.

Daar is sewe parkerings afgebaken vir rystoele (ek dink nie dat daar gelyk sewe kan parkeer nie), maar geen parkering vir mammas met babas nie.

Die plek se parkering is so klein jy sukkel jou dood en krap jou en die kar langs jou net om jou babastoel uit die kar te kry.

Dan is jou baba ‘n paar weke of maande oud, en die wind waai; jy moet winkel toe, maar jy het nie die reg om voor die ingang te stop nie.

Jy weggejaag deur die sekuriteit as jy vra om gou daar te parkeer.

Ek dink rerig die bestuur moet bietjie dink, dis nie net mense in rystoele wat sukkel nie.

Ons met babastoele sukkel ook!

Related Articles

Back to top button