LettersOpinion

Polisie moet plan maak

Ken Oehley, van Northmead, skryf:

Die insleepvoertuie in Benoni is blykbaar bo die wet verhewe want hulle verontagsaam alle verkeerstekens. Verkeersligte is blykbaar slegs daar as versierings langs die paaie, so ook die sperstrepe.

Sommige van die mense flits tot ligte agter jou as jy binne die spoedgrens ry.

Dit wil ook voorkom asof hulle met die goedkeuring van die metropolisie maar mag malgaan op die paaie en subtiel ander padverbruikers intimideer want die metro maak of hulle niks van hierdie padoortredings sien nie.

Die metropolisie staan gereeld Woensdae, Donderdae en Vrydae op die Negende- en Vierdelaankruising om persone, wat blykbaar nie hul veiligheidsgordels dra nie, af te trek.

My beskeie mening is dat hulle eerder spoedlokvalle in Vierdelaan en Tom Jones Straat kan hou.

Hulle sal ook meer produktief wees in hierdie strate as hulle mense wat boodskappe op hul selfone tik of self net gesels, aankeer.

Inwoners in Vierdelaan spot lankal reeds dat die mense graag oor naweke wil vleisbraai.

Almal weet dat hier baie botsings by die robotte by Vierdelaan, Tom Jones Straat en Bunyan Straat plaasvind.

Doen eerder sigbare polisieëring dat botsings kan afneem.

Lees ook: Do you agree that road rage is on the rise in Benoni?

Follow us on these platforms:

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217

Instagram: benonicitytimes.co.za

Related Articles

Back to top button