LettersOpinion

Klagte oor lisensiekantoor

''Onstoke Belastingbetaler'' skryf per epos:

”Onstoke Belastingbetaler” skryf per epos:

Saterdag, 6 September, het ek en my seun lisensiekantoor toe gegaan, sodat hy sy bestuurderslisensie kon hernu.

Ek het Vrydag, 5 September, geskakel om seker te maak dat hulle wel oop is en daar was aan my bevestig dat hulle vanaf 8vm tot 11.30vm sou oop wees.

Ons was Saterdag so by 7.50vm by die kantore gewees en het in ‘n ry gesit en wag dat ons gehelp kan word.

Om ongeveer 9.15vm was daar aan ons meegedeel dat die persone wat die oë toets nie opgedaag het nie, maar dat iemand ons wel sou help; ons moes net geduldig wag.

Om ongeveer 9.45vm het ‘n ander persoon gesê dat die oë toetsmasjiene nie werk nie.

Ek het na ‘n persoon wat daar gewerk het gegaan, om te verneem wat aangaan.

Hy het my meegedeel dat die ander toetsers nie opgedaag het vir werk nie, aangesien hulle Vrydag, 5 September, baie hard gewerk het.

Hy het ook vir my gesê hulle doen ons ‘n guns om op ‘n Saterdag te werk, dat die nie verpligtend is nie.

Hy het ook gesê dat hy met ander toetse besig was en nie oogtoetse kon doen nie.

Ek voel dat, as die kantore oop is om ‘n diens te lewer, daar wel persone moet wees om die diens te verskaf.

Dit is nie asof die lisensie verniet gegee of gedoen word nie, hulle kry betaling en ons betaal vir ons bestuurderslisensies.

Hoekom is die kantore dan oop as die werkers nie opdaag vir werk nie?

So word ons, as publiek, se tyd gemors.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button