LettersOpinion

Waarskuwing word aan besoekers aan die Hasie Park gerig

Annette Steyn skryf per epos:

Annette Steyn skryf per epos:

Hierdie berig moet as ‘n groot waarskuwing dien, aan alle besoekers wat die die Hasie Park in Rynfield wil besoek.

Vandat die Hasie Park se parkeer gronde in ‘n “taxi rank” verander het, dink sekere mense hulle kan mos maar ook op die “gravy trein” klim en net vat waarvoor jy baie jare geswoeg en gesweet het.

En moenie die motorwag weggooi nie, hy is mos kop in een mus met die skelms, want sý deel wil hy ook hê omdat dit hom mos toekom.

Op Saterdag, 19 April, het ‘n uitstappie na die Hasie Park met ons kleindogter in ‘n nagmerrie verander.

Na ongeveer 15 minute binne die park, het ons begin uit beweeg met die kleinding, na die uitgang, toe my man opmerk dat die parkering waar ons bakkie gestaan het leeg is.

Ons het begin soek, maar daar was geen teken van die bakkie nie.

Toe ons die motorwag, wat daar naby was, vra waar ons bakkie is, het hy net sy skouers opgetrek en gesê dat hy niks en niemand by die bakkie gesien het nie – dit nadat hý vir ons die parkering aangewys het toe ons daar aankom.

Alhoewel die bakkie binne ‘n halfuur in Katlehong opgespoor, is met ‘n opsporings apparaat , is die skade van tussen R60 000 en R80 000 aangerig.

Besef die skelms ooit watter ongerief hulle ‘n mens aandoen?

Nou moet daar op en af gejaag word vir saak nommers, assessors, assuransie, ens., wat jou tyd in beslag neem, en dan is daar die gewag vir die assuransie om te kan voortgaan om te kan reg maak wat die skelms verwoes het.

So wees gewaarsku as jul die Hasie Park besoek, jou motor kan dalk volgende wees… !

Related Articles

Back to top button