Briefie ter nagedagtenis aan Jan

Vinette Roos writes by email:

Op 7 Januarie 2007 is Jan van der Spuy oorlede, in ‘n baie ernstige en noodlottige ongeluk, wat plaasgevind het op High Road, Benoni.

Die ander insittendes was Timo Bezuidenhoud, Johan Steyn en Jason van Nispin.

Die gevolge van hierdie ongeluk is hartverskerend; Johan Steyn het baie ernstige brein beserings opgedoen en sy lewe is in ‘n oogwink verander en altyd in ons gebede.

Timo, wat tydens die ongeluk die ligste daarvan afgekom het, is deur verskriklike tye van vervolging, vals beskuldigings en verwerping deur oningeligte mense wat meer gepla was oor die skinderstorie as die tragedie.

Hy is beskuldig dat hy die kar bestuur het en is gister in Benoni Landroshof onskuldig bevind.

Die nagmerrie van ses jaar, agt maande en sewe dae is uiteindelik beslis.

Jan, jou dierbare kind, ons mis jou steeds; sonder jou stralende persoonlikheid en grappies is die wêreld armer.

So jammer oor die skade wat die hele gedoente jou nagedagtenis gedoen het.

Vir al die geskinder, en bespiegelinge, wat net wonde gemaak het en mense laat vergeet het van hoe ‘n groot tragedie dit eintlik was vir jou Johan en Timo.

Nou kan jy in vrede rus en weet dat ons mis, dat jy altyd deel van Timo en ons lewens sal wees.

Dankie vir wie jy was, vir hoeveel jy agter gelaat het.

Vir alle ouers van Benoni, dank God elke dag vir jou kinders, hulle word net aan ons geleen.

Dankie Vader, vir u genade dat my kind weer sy kop hoog kan hou en weet die waarheid maak jou vry.

Exit mobile version