Local news

Volkspelers kom bymekaar vir kaperjolle

Die laer nooi gemeenskapselde met ‘n Afrikaner hart om by hul aan te sluit.

Mariné Veltman van Lakefield, ‘n Downsindroom lyer, is passievol oor volkspele omdat sy lief is vir musiek en sing.

Die 19-jarige was deel van die volkspelers wat Inspan Volkspelaer se jaarlikse kaperjolle by Witfield Park Aftree-Oord op 11 Mei ondersteun het.

Veltman het verduidelik sy het grootgeword met volkspele en het ‘n paar jaar terug by Inspan betrokke geraak.

Vir haar is dit lekker om saam met ander mense hul kultuur uit te leef.

Agter is Mariné Veltman, Susan en Susan le Roux en Ockert Els. Voor: Kobus le Roux en Christo Els.
Mariné Veltman saam met haar ma, Susan le Roux.
Volkspelers het lekker gedans tydens die kaperjolle van Inspan Volkspelelaer.

Ongeveer 60 volkspelers van Secunda, Randfontein, Nylstroom, Pretoria, Alberton en Kempton Park het die geleentheid bygewoon.

Tydens die geleentheid het lede lekker gedans en samesang geniet.

Verder het die volkspelers ‘n piekniek gehou of verversings by die oord se koffiewinkel koop.

Marita van der Walt, sekretaresse, het die geleentheid as ‘n sukses beskryf.

“Ons is tevrede met die uitkoms van die kaperjolle,” het sy bygevoeg. Die niggies het ook hierdie jaar al die aanbiedinge gedoen omdat dit ‘n skrikkeljaar is,” het sy verduidelik.

Die laer nooi gemeenskapselde met ‘n Afrikaner hart om by hul aan te sluit en die aktiwiteite te geniet.

Beleef Volkspele en geniet die samesyn met mede volksgenote.

Marita en Stiaan van der Walt tydens die kaperjolle.

Inspan Volkspelelaer vergader elke Dinsdagaand om 19:00 by die aftree-oord.

Vir meer inligting, kontak Van der Walt by 074 116 5497.

LEES OOK: GALERY: Senior burgers geniet volkspele optrede

LEES OOK: Inspan bly vir jong bloed wat by die laer aansluit

Related Articles

 
Back to top button