Brandwag leerling die fikste tiener in die land

Nadia werk tans om deur te dring na die CrossFit Spele in Amerika.

Toe Covid-19 ‘n stokkie voor skolesport gesteek het, het Nadia Labuschagne (Graad 11) van Hoërskool Brandwag nie geweet hoe sy haar liefde vir sport gaan tem nie.

Gedurende die verslapte gendelmaatreëls het sy by ‘n plaaslike CrossFit gymnasium aangesluit.

“Toe die gogga byt het ek dadelik versot geraak op die sport,” het sy gesê.

Soos sy die tegniek vermag het, het sy gespring vir die geleentheid om aan die onlangse CrossFit Open deel te neem. Dié wêreldwye kompetisie is daarop toegespits om die fikste atleet, per kategorie, te identifiseer.

Nadia het as die top tieneratleet landswyd uitgeblink en het dus gekwalifiseer om later in Maart aan die kwartfinaal deel te neem.

“As sy verder sukses behaal sal sy in aanmerking kom om aan die CrossFit Spele in die VSA deel te neem,” sê Derick Labuschagne, woordvoerder vir die skool.

“Ons wens haar alle sukses toe, sy hou die Waggies naam hoog.”

ALSO READ: Brandwag spog met 100% slaagsyfer

ALSO READ: Brandwag gekroon as Super-reeks wenners

   

Exit mobile version