Local news

KYK: Leerders laat die skote klap by eerste Target Sprint Kompetisie

Nuwe formaat van skyfskiet by Brandwag onthul.

Leerders van agt skole asook onafhanklike skyfskietklubs het op 4 Maart aan die eerste Target Sprint Kompetisie by Hoërskool Brandwag deelgeneem.

Onder die Suid-Afrikaanse Nationale Skole Skiet Unie (SANSO) en Ekurhuleni Skole Skyfskief Unie (ESSU) vaandels is dié formaat van kompetisie vir die eerste keer aan die Oos-Rand aangebied.

“Target Sprint het vlam gevat in Europa en ons het dus besluit om die formaat op tuisbbodem aan te bied en sodoende belangstelling in die sport verder te bevoder,” sê Michel Marks, Brandwag skyfskietafrigter.

Die o15 tot o17 seuns tydens hul eerste skietrondte.

“Wat die konsep so opwindend maak is dat deelneemers nie slegs moet akkuraat wees om die teiken te skiet nie, maar moet ook stamina hê om die wedloop aspek van die kompetisie te voltooi.”

Marks verduidelik dat die kompetisie uit vyf rondtes bestaan waartydens deelneemers twee geleenthede en 15 skote het om vyf teikens raak te skiet.

“Wenners word bepaal volgens tyd. Skutte moet eers ‘n 400m rondte om die atletiekbaan voltooi voor hulle kan begin skiet,” sê sy.

“Sodra hul al vyf hul teikens raak geskiet het of al 15 skote afgevuur het, moet hulle weer hardloop om sodoende die tweede skietrondte te voltooi.”

Chené van Niekerk (16) van Benoni was een van die eerste deelnemers om die wenstreep oor te steek deur die vinnigste ronde in haar kategorie te voltooi.

“Ek jag al van kleins af saam met my pa en was altyd hartseer as die seisoen verby is,” sê van Niekerk.

Marius van Wyngaard (16) van Hoërskool Brandwag by die aankoms van die skietveld nadat hy sy eerste rondte van 400m afgelê het.

“Ek het drie jaar terug by On Target Air Rifle Shooting Club, Rynfield, aangesluit en geniet dit om nou weekliks te kan skiet en meeding. Ek het dié kompetisie baie geniet. Die individuele en afloskategorië was vet pret.”

Die onlangse kompetisie is as ’n oefenlopie bestempel en organiseerders sien daarna uit om dit deel te maak van hul opkomende kompetisie ranglys.

LEES OOK: Brandwag spog met 100% slaagsyfer

LEES OOK: Brandwag spits hul aandag op boelies

Related Articles

 
Back to top button