Krieketspanne vaar goed by krieketfees

“Die seuns het volhart en het die skool se naam hoog gehou.”

Die o15 en o19 krieketspanne van Hoërskool Hans Moore het vir die tweede agtereenvolgende jaar, paaltjies gevat en sesse geslaan by die jaarlikse Hoër Jongenskool Paarl (HJS) Krieketfees 2023, by Paarl Boys High.

Vanaf 2 tot 11 Januarie het dié jong manne, saam met 28 ander skoolspanne op uitnodiging aan die fees deelgeneem. Die fees was toegespits op die bevordering en ontwikkeling van dié sport op skole vlak.

Volgens Paul Amorin, direkteur van krieket by die skool, was sy spanne se deelname tydens dié jaar se fees moeilik, maar hy glo hulle het goed gevorder teen sommige van die land se top skole krieketspanne.

“Die seuns het baie tyd ingesit as voorbereiding vir die fees en moes hul tegnieke aanpas vir blaaie wat stadig speel,” sê Amorin.

“Hulle moes ook stamina en deursettingsvermoë hê om in die hitte mee te ding.”

Volgens die eerstespan kaptein, Marno Grobler was dit lekker om sonder inperkings maatreëls aan die fees deel te kon neem.

Hy sê die spangees tussen die twee spanne het hulle gemotiveer om te volhard in die stryd.

Die kapteine van Hoërskool Hans Moore se krieketspanne is trots of hul vordering by die jaarlikese Hoër Jongenskool Paarl (HJS) Krieketfees, Sheldon Kruger (015 spankaptein), Paul Amorin (direkteur van krieket by die skool) en Marno Grobler (o19A spankaptein).

“Ons het seker gemaak dat ons ‘n vuur-en-vlam gees op en van die blad af gehad het,” sê Sheldon Kruger, o15 kaptein.

“Span gesprekke saam met die eerstespan spelers het ons verder voorberei vir wat op die veld vir ons wag.”

Die o19A het ses wedstryde gespeel en slegs een verloor.

Hulle het koning gekraai teenoor Hoërskool Noord-Kaap, Northwood Boys High School, Hoërskool Brackenfell, Hoërskool Parel Vallei en Paarl Boys High.

Die o15 span het ses wedstryde gespeel en gelykop gespeel teen Westville Boys High.

Hulle het verloor teen Paarl Gimnasium asook Paarl Boys High en verder gewen teen Hoërskool Noord-Kaap, Hoër Landbouskool Boland en Hoërskool Parel Vallei.

Beide hierdie spanne is tans besig om voor te berei vir die Finsbury Superreeks.

LEES OOK: Hoërskool Hans Moore wins Finsbury Super League

LEES OOK: Welgedaan aan Hoërskool Hans Moore

   

Exit mobile version