Hans Moore kolwers breek skole rekord

Kolwer vernootskap maak geskidenis op die kolfblad

Kolwers van Hoërskool Hans Moore se o14A-span het geskiedenis gemaak to hul beide meer as 100 lopies aangeteken het gedurende dieselfde 20 boulbeurt spel.

Die span het op 13 September met Hoërskool Dinamika afgereken en sodoende as die Easterns 2022 o14A liga-wenners weggestap.

Gedurende die spel het die span ‘n telling van 286/1 in 20 boulbeurte aangeteken.

Die kolwer vernootskap tussen Sheldon Kruger en Stephan Vermaak het daartoe gelei dat beide kolwers in die skole krieket se rekordboeke aangeteken is toe elk die vinnigste 100 lopies bereik het van 20 boulbeurte.

Dit is die hoogste lopie vernootskap tussen twee kolwers in dié spel formaat.

Die huidige skool rekord word dus tans deur Vermaak gehou wat 100 lopies van 46 balle behaal het gevolg deur Kruger met 100 lopies van 49 balle.

Die voormalige rekord het aan Juandré Johnson behoort wat 100 lopies van 64 balle teen Boland Landbou aangeteken het.

Die finale telling was 151 lopies nie uit op 64 balle vir Vermaak en 108 van 53 nie uit aan Kruger.

Die span het 14 wedstryde gedurende die 2022 seisoen gespeel.

LEES OOK: Hoërskool Hans Moore wins Finsbury Super League

LEES OOK: Hoërskool Hans Moore matrics stand tall with 96% pass rate

   

Exit mobile version