VLU reik uit na die jongspan

VLU sit die naalde opsy om boeke in te samel.

Lede van die VLU Jasmyn-tak, het skouer aan die wiel gesit om ‘n verreikende bydrae te lewer aan die Sonop Kleuterskool.

Die dames het meer as 300 storieboeke ingesamel deur hul ‘Hef ‘n kind op’ inisiatief.

“Die woonwapark in Farrarmere is ‘n heenkome vir talle gesinne wat moeilike tye in die gesig staar,” het skakelbeampte, Myra van der Merwe gesê.

“Met behulp van vrygewige skenkers is ‘n kleuterskool op die been gebring wat bydra tot die jong inwoners se skoolgereedheid.”

In ‘n poging om by te dra tot die skool se werksaamhede het die taklede ‘n insamelingsprojek van stapel gestuur wat ook verseker het dat skrybehoeftes, opvoedkundige plakkaarte en klasversierings aan die onderrigsentrum geskenk word.

“Dit was ‘n reuse voorreg om ‘n helpende hand te leen aan die projek en die kinder gesiggies toe hulle elkeen ‘n lekkerny van die oumas ontvang het was onvergeetlik,” het Van der Merwe gesê.

“Ons moedig besigehede en inwoners van Benoni om verder te bou aan dié projek en sodoende ‘n merkwaardige impak te op die kinders se toekoms.”

Vir meer inligting oor die VLU skakel die tak voorsitster, Ronél du Plessis op 083 264 3486.

LEES OOK: VLU is weer hard aan die werk

LEES OOK: VLU-tak nooi uit

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version