Jong skutte laat die skote klap

Die jongste lede van die Marks gesin maak gereed vir inter-kontinentale kompetisie.

Van vuurwapens kan jy Lumé (10) en Ruben (9) Marks van Morehill min leer.

Dié twee leerlinge van Leeuwenhof Akedemie is die spruite van Lionel en Michel, twee kranige skutte in die skietsport arena.

Dit is dus geen verrassing dat die koeël eindelik ook deur hierdie kerk is, en dat die sibbe nou deelneem aan dié sport.

Sedert die begin van 2023, het dié Markse stadig die sport betree waar klem gelê is op wapenveiligheid en bevoegtheid agter die loop van ‘n handgeweer.

In Oktober, het hulle aktief in ligabyeenkomste begin deelneem en het aan die begin van Junie reeds aan die Skietsport Nasionale Kampioenskap in Limpopo deelgeneem.

Lumé het tweede plek in die super junior afdeling behaal met Ruben kort op haar hakke in derde plek.

“Ek geniet dit om op die skietbaan te wees maar dit is belanglik om te onthou dat ‘n vuurwapen nie ‘n speelding is nie,” het Ruben gesê.

Lumé en Ruben.

“Veiligheid is baie meer belanglik as vernuf, maar om akkurate skote af te vuur is lekker.”

Oor die kompetisie sê Lumé dié deelneemende kring in die liga is klein maar die mededinging is straf.
“Die grootste uitdaging is om kalm en gefokus te bly,” het Lumé gesê.

“Die laaste ding wat jy wil hê is om gediskwalifiseer te word as gevolg van ‘n tegniese fout op die veld.”

Met die wintervakansie wat voor hul strek, laat die Marks kudde nie die gras onder hul voete groei nie.

“Ons gryp elke geleentheid aan om op die skietbaan te wees terwyl ek die kinders aanmoedig om te speel,” het Michel gesê.

“Alhoewel skietsport ernstige werk is wil ek hê die kinders moet dit steeds geniet en ook nie al hul energie slegs daarop inspan nie. Dit is wel ‘n riem onder die hart dat hulle ons verkose sport saam met ons geniet.”

Die jong Markse, is tans besig met voorbereiding om in September aan die 2024 Afrika Handgeweer Kampioenskappe in Noord-Wes deel te neem.

LEES OOK: KYK: Leerders laat die skote klap by eerste Target Sprint Kompetisie

LEES OOK: Jong skutte hou hul oë op die teiken

   

Exit mobile version