Rugbyspeler se drome word spoedig waar

Fondse word benodig om te verseker dat dIé rubyspeler ‘n uitnodigings toer na Italië kan meemaak.

Op die ouderdom van ses, was Jacques Coetzee (17) se maatjies opgewonde om te lees en skryf, maar dié Farrarmere inwoner het slegs uitgesien na pouse sodat hy kaalvoet rugby kon speel.

Met ‘n rugbybal in die hand is dié leerder van Belvedere Skool op sy gemaklikste en dit wil blyk sy drome om professioneel te speel wink.

Dit is Vrydag en Jacques se week was reeds stampvol met skoolwerk en rugbyoefening, maar getooi in sy rugbytrui is hierdie veelsydige speler ‘n bondel energie.

‘n Bree glimlag sprei oor sy gesig soos hy vertel dat hy en ander spanmaats onlangs nuus gekry het dat hulle deel sal vorm van die o19 Valke span, wat gedurende die Julie vakansie sal toer na Potchefstroom.

Hy spog verder dat hy ook geskies is om deel te vorm van ‘n span wat aan die einde van die jaar sal deelneem aan onwikkelingsklinieke en toernooie, in Italië.

Jacques Coetzee (17).

“Ek het aan die begin van die jaar by Belevedere aangesluit en het vining aanklank gevind by my mede matrikulante en spanmaats,” sê hy.

“Ons is ‘n dinamiese span wat hard speel en bou op elkeen se sterkpunte. Ek is trots om dié trui te dra en glo dat my drome gaan verwesenlik word.”

Jacques verduidelik hy was oorweldig met emosie toe hy nuus gekry het dat hy vir die Italianse toerspan gekies was.

“Ons het in Januarie na Sun City getoer waar 15 skole teen mekaar meegeding het,” sê hy.

“Ek het geen benul gehad dat daar talentverkenners op die pawiljoene was nie.

“Na die aanvang van die toernooi is ‘n paar van ons eenkant geroep om aan ons briewe te gee om ons insluiting in die span te bevestig.”

“Ek het ‘n oproep van Jacques ontvang en net snikke gehoor,” sê JP, Jacques se pa.

“My hart het in tot in my voete gesak, ek het gedink hy is beseer. Na talle probeerslae het die woorde eindelik uit sy mond getuimel.

Jacques droom om rugby as ‘n loopbaan na te streef.

“Ek moes ook hard sluk; ek is trots dat sy passie en vernuf raakgesien was tussen die menigte spelers wat gedurende daardie toer op die veld gedraf het.”

JP glo dat dié geleentheid sy seun verder sal steun in sy drome om eendag ‘n Leeus trui aan te trek.

“Met harde werk en deursettingsvermoë glo ek hy kan ons land as ‘n Springbok verteenwoordig.”

Kort op sy hakke, glimlag kleinboet, Eduardt (12).

“Ek is baie trots op my broer; hy gee altyd sy beste,” sê hy.

“As hy nie rugby speel nie sit hy agter sy boeke, maar hy is nooit te besig om ‘n bietjie met my te speel of bal te gooi nie.”

Oor sy positiewe uitkyk, sê Jacques dat hy elke uitdaging aanpak met selfvertroue.

Jacques Coetzee (17) met kleinboet Eduardt (12).

“Ek glo jy kan alles in die lewe met oorgawe aanpak. Hou jou kop hoog en wees net die beste wat jy kan wees,” sê hy.

Met die kostes vir die oorseese toer wat R69 990 beloop is die Coetzee gesin reeds besig om fondse bymekaar te maak.

“Ek wil baie graag dié toer meemaak en hoop dat enige fondsinsamelingsprojekte wat ek aanpak goedhartige ondersteuning sal geniet,” sê hy.

Enige iemand wat ‘n bydra wil maak kan direkte depositos aan die toer organiseerders, Blue Runnings Sport International (PTY) LTD maak, Standard Bank, rekening 032 677 499, verwysing 2024_BG19/ JDCoetzee.

Bewyse van betaling kan gestuur word na lynette@tavishexports.co.za.

LEES OOK: Brentwoodpark leerling maak naam op die rugbyveld

LEES OOK: Rugbyspan palm twee titels in

   

Exit mobile version