VLU is weer hard aan die werk

Jasmyn VLU beplan opwindende werksaamhede ter viering van hul 60ste bestaansjaar.

Die Jasmyn-tak van die Vroue Landbou Unie (VLU), het hul werksaamhede weer op 11 Januarie hervat tydens hulle eerste beyeenkoms vir 2024.

Die tak se dagboek is reeds stampvol met leersame projekte en opwindende uitstappies om hul kennis verder te verbreed.

Lesings, demonstrasies, en praatjies word gereël om lede te bemagtig om sodoende voluit te leef in vriendskap, selfvertroue en geselligheid.

Alhoewel die tak, wat in Mei hul 60ste verjaarsdag vier, aan ‘n verskydenheid welwillendheidsprojekte deelneem sowel as tradisionele tuisvaardighede aanleer, lê hul kelm op samesyn en vriendskap.

Die tak ontmoet op die tweede Donderdag van die maand om 09:30 by die Norton Aftreeoord, Brentwoodpark.
Gaste is welkom.

Vir meer inligting kontak Myra van der Merwe op 083 983 2127 of Ronel du Plessis op 083 264 3486.

LEES OOK: KYK: Birchleigh VLU onthul hul nuwe naam

LEES OOK: VLU brei dat dit gons

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version