Brandwag spog met 99.4% slaagsyfer

Skoolhoof , James Wright sê met harde werk kan sukses behaal word.

Terwyl Hoërskool Brandwag se groentjies per bus na hul oriëntasiekamp vertrek, het die matriekklas van 2023 op 19 Januarie deur die skoolhekke gestroom om hul matriek uitslae te ontvang.

Vriende het mekaar jolig gegroet en lag-lag hul uitslae vergelyk.

Die skool het 99.4% slaagsyfer behaal.

Danél Steyn (Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, besigheidstudies en inligtingstegnologie).

“Dit was ‘n lang wag, maar ek is tevrede met wat ek behaal het,” het Nathan Potgieter gesê.

“Ek het gedurende die vakansie deur die angs geëet en slaap.”

Met ‘n koppie koffie in sy hand, het skoolhoof James Wright gesê dat hy tevrede is met die leerlinge se prestasies.

Angelique Williams (Afrikaans, Engels, wiskunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskap, lewensoriëntering en rekenaartoepassingstegnologie).

“’n Mens besef nie aldag die impak wat die Covid-pandemie op leerlinge gehad het nie, maar hulle het hulself met ywer goed van hul taak gekwyt.

“Met behulp van die onderwyspersoneel se toeweiding het hul hard gewerk en pluk dus nou die vrugte.”

Op die dag was daar ook groot feesvierings in die Botha huishouding met die vierling, Dian, Carlo, Mieke en Heinz wat gesamentlik 13 onderskeidings ingepalm het.

Marisa Roodt (Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde, besigheidstudies en rekenaartoepassingstegnologie).

Die sibbe het, Dian, wat sewe onderskeidings behaal het, die Botha genie benoem.

Wright het die matrieks bemoedig en hulle herinner om altyd hul bes te doen.

“Vir die klas van 2024, julle is almal goud werd,” het hy gesê.

“Steun op die kennis van jul onderwysers.”

LEES OOK: Brandwag leerling die fikste tiener in die land

LEES OOK: Brandwag spog met 100% slaagsyfer

   

Exit mobile version