Local newsLocal sportNewsSport

Jong skutte hou hul oë op die teiken

Lumé en Ruben is tans die jongste deelnemers in die Super Junior kategorie.

Toe dit kom by buitemuurse aktiwiteit kies, was dit maklik vir Lumé (9) en Ruben (8) Marks van Rynfield om in hul ouers se voetspore te volg en dus aan te sluit by die Ekurhuleni Skole Skyfskiet Unie (ESSU).

Dié twee se ma, Michel, ‘n natuurwetenskap onderwyser by Hoërskool Brandwag asook die skool se skyfskietafriger, is self ‘n kranige skut.

Tesame met haar man, Lionel het die paar in September deel gevorm van die nasionale uitnodigingspan wat aan die 2023 Europese Handgeweer Kampioenskappe in Griekeland deelgeneem het.

Hierdie twee leerders van Leeuwenhof Akademie, het in 2022 as ESSU lede aan die pellet geweer afdeling deelgeneem en onder die top 10 geëindig.

Met blootstelling aan handwapens het die twee besluit om hul stokperdjie na die volgende vlak te neem en het sodoende aan internationale praktiese skiet (IPSC) begin deelneem.

Gedurende die afgelope jaar se liga het beide top drie posisies verwerf in die Super Junior kategorie.

Hulle het verder ook erekleure vir skiet ontvang gedurende hul skool se onlangse prysuitdeling.

Dié twee is tans die jongste deelnemers in die sport en sien daarna uit om in Maart in die Boland aan die Suid-Afrikaanse Prakiese Skiet Assosiasie (SAPSA) Nasionale Handgeweer Kampioenskappe deel te neem.

Hulle wil gebruikmaak van die ondervinding ter voorbereiding in die hoop om in 2025 aan die internasionale kompetiesie hul vaardighede ten toon te stel.

LEES OOK: Marks’ shots always hit the mark

LEES OOK: KYK: Leerders laat die skote klap by eerste Target Sprint Kompetisie

   

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button