Local newsNews

Ons Winkel wen streekstoekenning

Die sukses van die winkel word toegeskryf aan die gemeenskap se ondersteuning.

Bykans ‘n jaar en ‘n half sedert hul opening in Northmead, is die plaaslike Solidariteit Ons Winkel aangewys as die winkel wat die meeste groei geniet het die afgelope jaar.

Solidatiteit Helpende Hand Benoni takbestuurder, Nelia du Plessis en die eienaar van die winkel, Derick Geldenhuys, het op 14 Oktober hulle toekenning tydens die streekskonferensie in Germiston ontvang.

“Die winkel het gedurende 2022 en 2023 ‘n groei van 190% getoon, met tweedehandse goedere wat verkoop is ten bate van die organisasie se uitreikprojekte,” het du Plessis gespog.

“Ons het verder toekennings ontvang vir die netjieste winkel en Derick is as die beste winkeleienaar aangewys.”

Du Plessis het die sukses van die winkel toegeskryf aan goeie samewerking en ‘n gemeenskaplike passie om hul medemens in nood by te staan.

Skenkings van meubels, linne, sporttoerusting, klere, kombuisware en elektriese toebehore is welkom en die afhaal van items kan gereël word.

Ons Winkel is geleë by winkel 1C, Sesdelaan, Northmead, Benoni.

“Skenkings aan die winkel help ons om armoede hok te slaan,” sê du Plessis.

“Ons is innig dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning. Dié toekenning word opgedra aan elkeen wat Benoni so ‘n omgeedorp maak.”

Vir meer inligting kontak, Derick Geldenhuys by 073 227 0331.

LEES OOK: Skenk en wen vir jou skool

LEES OOK: Nuwe takbestuurder by Helpende Hand

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button