Local newsNews

Skenk en wen vir jou skool

Ongewenste items kan R10 000 vir jou skool beteken.

Solidariteit Oos-Rand gaan op 12 April hul Ons Winkel Skolekompetisie van stapel stuur.

Ons Winkel is ‘n vertakking van die beweging se Helpende Hand en spog tans met 120 winkels landswyd, wat spesialiseer in die verkoop van tweedehandse goedere.

Opbrengste van verkope word aangewend om behoeftige kinders die geleentheid te bied om toegang te kry tot tersiêre onderrig.

Jou skool staan ‘n kans om R10 000 te wen!

Is jou kas vol klere wat nie meer gedra word nie, of moet jou voertuig buite staan omdat jou motorhuis vol ongewenste toebehore is?

Donasies kan by jou skool of direk aan Ons Winkel Benoni geneem word.

Vir elke donasie sal die donateur ‘n koepon ontvang wat in die koeponhouer geplaas kan word.

Houers sal beskikbaar wees by deelnemende skole, asook in die winkel.

Die skool wat die meeste koepons aan die einde van Desember versamel het kan wegstap as die algehele wenner.

Items soos klere, linne, kombuisware, meubels en elektriese toestelle is welkom en sal by die plaaslike winkel verkoop word.

Groter items sal op aanvraag afgehaal word.

Ons Winkel is by 1C Sesdelaan, Northmead met Derick Geldenhuys aan die stuur.

Vir meer inligting of om kolleksies te reël, skakel Geldenhuys op 073 227 0331.

Skole wat belangstel om deel te neem aan die kompetisie, kan Oos-Randse streekorganiseerder Mariolette Vorster op 078 523 2705 skakel or stuur ‘n e-pos aan mariolette@helpendehand.co.za.

LEES OOK: Solidatiteit se welsynwinkel is nou oop in Northmead

LEES OOK: Skenking van R1 miljoen vir bejaardes word gesteel

   

Related Articles

Back to top button