OPVOLG: Jeandré skenk blikkie geld aan pugs

Die Laerskool Brentwoodpark leerling versamel reeds weer blikkies en hoop vir ‘n groter opbrengs in 2023.

Na maande se swoeg en sweet, het Jeandré van der Walt (11) van Laerskool Brentwoodpark, sy blikkiegeld aan Pug Rescue SA se Cheryl Gaw oorhanding.

Met behulp van sy familie het Jeandré, leë koeldrankblikkies bymekaar gemaak, gepars en aan ‘n plaaslike herwerwingshandelaar verkoop om sodoende ‘n skenking van R1 500 te maak aan die organisasie se daaglikse veeartsrekening.

Dié diereliefhebber het altsaam 48kg blikkies versamel en het dus R700 verdien. Skenkings van familie, vriende asook sy onderwyser het gehelp om die bedrag verby die R1 000 kerf te strek.

“Ek is baie gelukkig met die geld wat ek aan Pug Rescue SA kon gee en is reeds weer besig om blikkies vir volgende jaar bymekaar te maak,” sê Jeandré.

“Ek het ook nou geleer dat die handerlaar ander blik goedere ook koop. Ek gaan nou alles wat blik is versamel.”

Volgens sy ma, Adriana, gaan hulle poog om dromme by sekere punte te plaas om dit maklik te maak vir ander om tot die projek by te dra.

Cheryl Gaw, van Pug Rescue SA het Jeandré bedank vir sy ontaatsugtige geskenk.

“Te danke aan die jong man se aksies kan ons verder die nodige hulp verleen aan die honde in ons sorg,” sê sy.

“Sy toewyding en deurnis is word opreg waardeer.”

LEES OOK: Brentwoordpark leerder hoop ander sal pugs ondersteun

LEES OOK: Brentwoodpark leerling maak naam op die rugbyveld

   

Exit mobile version