AfriForum vul slaggate

Plaaslike tak rol moue op om area skoon te maak.

Daar is tans 25 minder slaggate rondom die stad, danksy die AfriForum-tak in Benoni wat onder meer vullings en skoonmaakprojekte op 14 Mei behartig het.

Slaggate wat gemaan is as onveilig in Woburnrylaan, Bunyan, Swan en Russellstrate is geïdentifiseer en publieke ruimtes is gedurende werksaamhede skoongemaak.

In Bunyanstraat het die span ook die gras op die sypaadjie gesny, die stormwaterdrein skoongemaak, rommel opgetel en onwettige kennisgewingborde verwyder.

“Hierdie projekte is ’n voorbeeld van die sukses wat behaal kan word indien ’n gemeenskap saamstaan en weier om swak dienslewering te aanvaar,” sê Achilles Mouyis, voorsitter van die Benoni AfriForum-tak.

“Deur harde werk kan ons die toekoms van ons stad positief beïnvloed. Sulke projekte stuur’n boodskap dat ons verantwoordelikheid neem vir ons eie areas.

“Ons sal self onderhoud en herstelwerk doen as die metro dit nie doen nie,”
Vir meer inligting die AfriForum Benoni-tak werksaamhede e-pos na benoni@afriforumtak.co.za

LEES OOK: AfriForum pak skoonmaak van die dorp aan

LEES OOK: Benoni AfriForum kry die werk gedoen

   

Exit mobile version