Local newsNews

VLU dames blink uit

VLU Jasmyn maak skoonskip tydens jaarlikse konferensie

Die Vroue Landbou Unie (VLU) Jasmyn-tak was weereens aan gewys as die agehele wenners tydens die 27ste Goudrifstreek Konferensie.

Dié spog geleentheid is onlangs deur die Carpe Diem tak in Springs aangebied.

Tydens die jaarlikse aangeleentheid stal deelneemende lede hul voorgeskrewe items uit vir beoordeling.

Jasmyn is vir die tweede opeenvolgende aangewys as die algehele wenner en het ‘n verdere 15 trofeë ingepalm, asook vier spesiale toekennings.

LEES OOK: KYK: Birchleigh VLU onthul hul nuwe naam

Tak voorsitter Ronél du Plessis het die toekenning ontvang vir beste voorsitterverslag en Lettie Blomerus is aangewys as die beste skakelbeampte.

“Ons is ook trots om te noem dat Charlotte van der Linde spesiale erkenning ontvang het vir haar fotografie en ‘dot art’ items,” sê Blomerus.

“Martha Visagie is bekroon vir haar masjiengemaakte kruideniers sakkie. Ons is trots op elkeen se unike prestasies en sien uit na nog ‘n suksesvolle jaar as ‘n organisasie.”

VLU Jasmyn ontmoet elke tweede Donderdag van die maand by Norton Aftree-oord, Brentwoodpark.

Nuwe lede is altyd welkom om deel te vorm van die tak se werksaamhede.

Vir meer inligting kontak Ronél du Plessis op 083 264 3486.

LEES OOK: Noorderlig duiwevlugte

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button