EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Draaiboekskrywer betower kykers

“Om die wêreld te verander moet ons leer om luister na mekaar.”

Jacques du Rand van Brentwoodpark het onlangs sy debuut rolprent, Kamer 6, op KykNet vrygestel en sy reis na draaiboekskrywer met die City Times gedeel.

As die jongste seun van wyle Johan du Rand van Protea Gym in Boksburg het hy altyd met woorde gewoeker en is in Graad Agt as ’n nasionale kunswedstryd wenner aangewys. Dit is toe dat die skryf-gogga byt.

Met meer as 20 jaar se ondervinding in the bedryf het hy sy tande gesluip as ’n teaterskrywer.

Hy het later aangesluit by TV produksies waar hy onderandere aan plaaslike sepies soos Backstage, Scandal en Muvhango gewerk het.

Met ’n kans ontmoeting met André Velts, beter bekend vir sy rol as Hugo Nel in KykNet se Sterlopers, is Jacques se droom om sy eie film te skiet bewaarheid.

Kamer 6 het in Maart deel gevorm van die KykNet Silwerskermfees 2022.

LEES OOK: Noorderlig leerders blink uit in skryf

“Dit was ’n lang en soms hartverskeurende reis om te kom tot waar ek nou is, maar elke tree het ’n rede,” het hy gesê.

“Ek maak nou gereed vir my tweede film, Spoedgrens, wat in Julie vrygestel word terwyl ek voort gaan in my posisie as uitvoerende storie ontwikkelaar by Penguin Films.

“Tussendeur is ek besig om my meestersgraad in draaiboekskryf te voltooi.”

Jacques beskryf sy storie as een wat steun op nostalgie om emosie en heimweë by die kyker op te wakker.

“Ek wil hê dat die kykers moet aanklank vind met die nostalgiese beelde wat ek skep sodat die boodskap by hulle sal rus, lank nadat die film tot ’n einde gekom het,” het hy gesê.

“Ek vind dat my draaiboeke meeste handel oor vergifnis en vooruitgang.”

’n Projek wat hom na aan die hart lê vorm deel van sy proefskrif. Dit handel oor ’n transseksuele hoofkarakter waar die kyker subjekief met die storie kan vereenselwig.

“Ek sien uit om dit met die wêreld te deel,” het hy gesê.

LEES OOK: Trotse Afrikaner skryf vir die moderne vrou

   

Related Articles

Back to top button