Local newsNews

Sarie Klub se eerste vergadering vir die jaar een vir die boeke

Sarie Klub is in 1971 deur Sarie Oberholzer en Babs Maré gestig en elke jaar het die groep vroue ’n reuse verskil in die gemeenskap gemaak.

Die Sarie Klub het op 26 Februarie te Lakeview Boutique Hotel byeengekom vir ’n spesiale ontbyt.

Dit was die klub se eerste vergadering vir die jaar.

Sunel Gilliland het tydens die vergadering gaste met haar engelstem en sjarme vermaak. Verder het die vroue ’n buffet-ontbyt geniet en lief en leed gedeel. Die toekoms van die klub was ook bespreek.

Susan Noppe, die klub se skakelbeampte, het die geleentheid as ’n sukses beskryf.

“Dit was so lekker om almal weer te sien. Weens Covid-19 kon ons die afgelope twee jaar nie juis bymekaar gekom het nie,” het Noppe verduidelik.

Lede van die gemeenskap kan die Boksburg Advertiser en Benoni City Times dophou vir meer inligting oor die Saries se volgende byeenkoms.

Die Saries nooi alle dames, oud en jonk, om deel van die klub te word. Vir meer inligting kontak Susan Noppe by 083 268 7245.

Also Read: Sarie Club is looking forward to the new year

Also Read: Guilds celebrate 75th and 20th anniversaries on Women’s Day

 

   

Related Articles

Back to top button