Local newsNews

KYK: Birchleigh VLU onthul hul nuwe naam

'n Plek waar vrienskappe gesmee word.

Die Birchleigh VLU het na 57 bestaansjare ’n naamsverandering ondergaan en staan nou bekend as Jasmyn VLU.

Volgens Ronél du Plessis, voorsitter van die organisasie, is die besluit geneem om die naam te verander aangesien daar verwarring was omdat hulle in Benoni bymekaar gekom het en nie in Birchleigh nie.

“Die nuwe naam kom in ’n tyd wanneer ons almal verandering in die gesig staar,” het sy gesê.

“Ons het ’n keuse om te stry teen die onbekende of om te kies om die nuwe te verbou. Ons het gekies om ons organisasie na die jasmyn te vernoem omdat die geurige blom groei, vernuwing en vootuitgang simboliseer.”

Gedurende die onlangse byeenkoms is die organisasie se nuwe vaandel onthul.
Die huidige klub het 26 lede en volgens Ronél is hulle ’n organisasie vir vroue wat streef na vooruitgang.

“VLU dames is vriendinne wat bymekaar kom om hul kreatiwiteit te deel en verder te bevorder deur ons insiggewende vaardigheidsontwikkelingpraatjies,” het sy gesê.

“Ons sien uit om nuwe lede by ons organisasie te verwelkom en hoop dat ons hulle sal vermag en verryk.”

Die Jasmyn VLU vergader elke tweede Donderdag van die maand by Norton Aftree-oord, Brentwood Park, om 09:30.
Vir meer inligting kontak Ronél by 083 264 3486 of volg hulle op Facebook.

LEES OOK: Trotse Afrikaner skryf vir die moderne vrou

LEES OOK: Benoni se eie skoonlief

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button