Brandwag skitter in eindeksamens

Die 2021 matrieks juig met ‘n slaagsyfer van 99.4%.

Die 2021 matrieks van Hoërskool Brandwag juig met ‘n slaagsyfer van 99.4%.

“Ons wil vir elke leering baie geluk wens met hulle puik prestasies,” sê Derick Labuschagne, hoof van bemarking by die skool.

“Met twee moelike jare agter die rug het elkeen weer gewys dat niks onmoontlik is nie!”

Volgens Labuschagne het 157 leerlinge hul eindeksamens by die skool voltooi en het gesamentlik 158 onderskeidings behaal.

Die skool spog ook daarmee dat 80.12% van die leerders met universiteitstoelating geslaag het.

“Ons wens elkeen van die klas van 2021 alle sterkte toe met hul toekomsplanne en weet dat een en elk ‘n sukses daarvan gaan maak.”

LEES OOK: Cinderella ending for Brandwag learner

LEES OOK: Hoërskool Brandwag se skietspan

   

Exit mobile version