Hans Moore skitter

Nuus uit Hoërskool Hans Moore.

Die Hans Moore Musiekskool se leerders onder leiding van Dr Marita Badenhorst
het puik presteer tydens die onlangse musiekteorie-eksamens van Unisa. Die
musiekskool spog met twee leerders op die Unisa-ererol vir uitblinkers met
gemiddelde van 95 persent en meer. Net ’n handjievol leerders regoor Suid-Afrika
spog met hierdie prestasie. Die leerders is Simoné du Toit (98 persent) en Tersia
Crafford (95 persent). Afgesien van hierdie prestasies slaag 15 leerders hulle
eksamens met lof en vier met eervolle vermelding, terwyl agt kandidate ook die
eksamens met goeie gevolge aflê. Die onderskeidingskandidate van die Hans Moore
Musiekskool na afloop van die eksamens is Simoné du Toit – 98 persent,Tersia
Crafford – 95 persent,Charlize Muller – 89 persent, Devlin Breedt – 88 persent, Danica
Hough – 88 persent, Stephen Hill – 88 persent, Esmé Raaths – 87 persent, Cailin
Breedt – 86 persent, Brandon Potgieter – 86 persent, Ilanka van Eeden – 85 persent,
JP Swart – 84 persent, Daniel Mearns – 83 persent, Ethan-Sean Hullyer – 81 persent,
Natalie Coetzer – 80 persent en Amoré Groenewald – 80 persent.
Exit mobile version