Dié oud-skoliere is Hoërskool Brandwag se top presteerders van 2017.
Anjo Swart het ses onderskeidings in die sak na haar finale jaar in Hoërskool Brandwag gesteek. Sy het presteer in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe.
Hul spog met verskeie vakke en het gesamentlik 33 onderskeidings verwerf.
Individueel wys hulle wat hul met toewyding en harde werk kan doen.
Dylan Geldenhuys sluit sy hoërskoolloopbaan met ‘n wafferse sewe onderskeidings af. Hy het Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, ekonomie en fisiese wetenskappe as vakke gehad.
Voormalige Hoërskool Brandwag leerder Jonathan Troskie spog met sewe onderskeidings. Hy is dié vir Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, visuele kunste, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe toegeken.
Dié Hoërskool Brandwag matrikulant het sewe onderskeidings in 2017 verower. Janay Sanders se vakke was Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, inligtingstegnologie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe.
Elmarie Els het ses onderskeidings vir haar vakke gekry. Dié is Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde. lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe. Sy was in Hoërskool Brandwag.