Local newsNews

Liefde blom nogsteeds 50 jaar later

Rynfield inwoners Hettie en Callie Breed het hul 50ste huweliksherdenking op 9 Desember gevier.

Hulle het op die Bedfordview plotte ontmoet toe Callie by haar en haar ma begin loseer het toe hy 17 was.

“Ek was 12 jaar oud maar eers toe ons ouer geword het, het ons vir mekaar begin ogies maak,” sê Hettie terwyl sy skaterlag.

Hulle het in 1974 van Bedfordview na Putfontein verhuis en ’n blommeplaas oopgemaak.

“My man het alles self gedoen, van besproeiing tot die kweekhuise onderhou,” sê Hettie.

In 1994 het hulle die blomplaas verkoop en na Rynfield getrek.

Callie het gesê wat sy vrou spesiaal maak as enige ander mens is haar pligsgetrouheid en haar eerlikheid.

Hettie het gesê haar man se humor is vir haar kostelik.

Sy meen ook dat ’n gesonde huwelik ’n goeie sin vir humor moet hê.

“Ek raak soms vir hom baie kwaad maar aan die einde lag ek daaroor want hy maak altyd die beste van ’n slegte situasie,” verduidelik sy.

Saam het die paartjie drie seuns Pieter, Corné en Darius, en vier kleinseuns Corné (22), Adriaan (21) en tweeling Aydan en Trenton (18).

Also read: Benoni gives woman fairytale wedding

Related Articles

Back to top button