Local newsNews

Nog ’n pluimpie vir Benoni

Louise van Greunen vertel hoe sy by die bekende sepie Getroud Met Rugby ’n werk gekry het en die positiewe effek wat dit op haar loopbaan het.

Dié ambisieuse Crystal Park inwoner het in Januarie 2016 haar pos gekry en sê “daar gaan nie ’n dag verby waar sy en haar kollegas nie lag nie”.

“Ek love dit om werk toe te gaan, dit is werklik my passie,” vertel sy.

Louise moes wel hard werk om genoeg ervaring vir die rol te kry.

Sy vertel dat sy onderskeidelik drama en sang deur Keyboard Magic in Benoni en die Londense kollege, Trinity, studeer het.

“Ek het gedurende my studies ’n agent gekry en so het ek advertensies en ander klein projekte gedoen, net om ervaring te kry,” sê sy.

Sy het ook teaterwerk by Protea Stage Productions gedoen.

Louise sê haar ma is haar inspirasie.

“Sy het my soort van forseer om kunswedstryde en revue te doen en nou is ek so dankbaar want sy het talent in my raakgesien,” sê sy.

“Sy het dit nie gedoen om haarself op enige manier te bevoordeel nie, sy het net geweet ek kan goed doen.”

“Toe ek nog baie klein was, seker so vier of vyf, het my ma my opgeneem as ek sing; sy het dit nou die dag vir my teruggespeel en dit was so vreemd.”

Sy vertel ook dat sy nie self die sepie kyk nie, maar haar ma laat weet haar as sy in ’n toneel in ’n episode verskyn.

“Ek is baie hard op myself as ek na myself kyk,” bieg sy.

Sy vertolk die rol as een van die Stryders, die fiktiewe rugbyspan, se rasieleiers.

Haar karakter se naam is Mia en Louise sê die rasieleiers vorm ’n “ligter” deel van die storielyn.

“Hulle drama is oppervlakkig en hulle is tipiese poppies wat sal kla oor hulle klere of iets soortgelyk en hulle het altyd iets om oor te praat,” beskryf sy hulle.

Sy vertel ook dat die “poppies” graag skinder.

Louise sê sy hoop om vir so lank as moontlik op Getroud Met Rugby te bly.

“Getroud met Rugby is ’n groot geleentheid en toe ek die oudisie bygewoon het was ek op my senuwees maar dit het my op my tone gehou,” vertel sy.

Sy sê sy wil haar karakter laat ontwikkel maar sy het ook bygevoeg dat sy ook graag eendag in Afikaanse rolprente sal wil speel.

Sy het ook net daar in haar stoel belowe dat wanneer sy eendag wêreldberoemd is, sy nie van Benoni sal vergeet nie en ’n stem vir minderbevoorregtes in Benoni wees.

Also read: HunTer bags award in the States

Follow us on these platforms:

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217
Instagram: benonicitytimes.co.za

Related Articles

Back to top button