Local newsNews

Lakefield inwoner gaan België toe

Yolanda Botha is een van 120 studente van regoor die wêreld wat gekies is om deel te neem aan ’n somerkursus in Nederlands, wat aangebied word deur die Universiteit Gent, in België.

Die Lakefield inwoner studeer BA Tale by die Universiteit van Pretoria.

Sy is in haar finale jaar van studie en het laas jaar die keuse gehad om Nederlands as ’n module te volg, wat sy geneem het.

“Dan kon die twee top studente hierdie jaar inskryf vir hierdie Nederlandse somerskool,” sê Botha.

“Om gekeur te word, moes ons eers ’n toets skryf nadat jy ingeskryf het om te kyk of jy op die regte vlak is om aan die somerskool te kan deelneem.

“Gelukkig was ek gekeur vir die somerskool.”

Die kursus is gerig op mense wat Nederlands buite België en Nederland studeer.

Dit word aangebied van 30 Julie tot 12 Augustus en gee studente die geleentheid om beter te kenne te raak met die Nederlandse taal en kultuur.

“Ek sien baie uit daarna, dis ’n fantastiese geleentheid,” sê Botha.

“Ek is lief vir akademie en dis ’n unieke geleentheid om ander kulture te ervaar en met mense van ander lande om te gaan.”

Die kursus bestaan uit vier afdelings, waarvan Botha op taal en didaktiek gaan fokus.

Van haar voorbereiding vir die kursus sê sy: “Het was heel leuk en interessant.”

Die student sê sy het na Switserland gereis toe sy 11 was, maar is opgewonde om as ’n volwassene na Europa te gaan, aangesien sy nie mooi alles van haar reis as kind onthou nie.

Botha werk tans as ’n assistent by die universiteit se Afrikaanse departement en wil graag later ook ’n dosent word asook haar doktorsgraad in Afrikaans voltooi.

 

Lees ook:

From Benoni to… Belfast

Follow us on these platforms:

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217

Instagram: benonicitytimes.co.za

Related Articles

Back to top button