Local newsNews

Voortrekkers maak gereed vir die groot 50

Die Eben Dönges Voortrekkerkommando vier hierdie jaar hul 50ste bestaansjaar.

Die feesjaar bereik ‘n hoogtepunt op die naweek van 26 en 27 Mei.

Die Vrydagaand word ‘n Dapper-Stapper-Safari-ete beplan vir die jeuglede, waar hul van een huis na die volgende gaan stap en by elke huis ‘n gereg eet.

Die Saterdag gaan potjiekos gemaak word deur die ouers en offisiere en al die nuwe lede gaan by die kommando ingelyf word.

Die kommando is die enigste Voortrekkerkommando in Benoni, volgens kommandoleier Tarina van der Merwe.

“Ons wil graag almal wat voorheen by enige van die Voortrekkerkommandos in die dorp betrokke was, uitnooi om die geleentheid by te woon en saam met ons fees te vier,” sê van der Merwe.

Die kommando se spanbyeenkomste is elke Woensdag tussen 5.15nm en 6.30nm by die Gereformeerde Kerk, in Miles Sharpstraat.

Vir meer inligting, kontak van der Merwe op 083 785 5345 of adjunk-kommandoleier Anton Grobbelaar op 082 880 3839.

 

Also read:

Voortrekkers begin met 50-jaar feesvieringe

Follow us on these platforms:

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217

Instagram: benonicitytimes.co.za

Related Articles

Back to top button