Local newsNews

Wen kaartjies om Lollos te gaan kyk

Maak die kinders reg vir ‘n kleurvolle avontuur.

Die gewilde Lollos gaan op 5 Maart in Benoni kom kuier.

Die karakter gaan om 12nm in die Hoërskool Brandwag se skoolsaal optree.

Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van een en 10 jaar oud. Die gewilde karakter se uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te laat dans.

Lollos se vertonings leer kinders dus iets, terwyl hulle lekker kan saam beweeg en fiks word.

Lollos het tot op hede sewe CD’s en DVD’s uitgereik waarvan ses platinum status bereik het.

 

Lollos het die City Times bietjie meer van homself vertel:

BCT: Wat is Lollos se gunsteling kleur?

Lollos: Ek hou die heel meeste van groen.

BCT: Wat is Lollos se gunsteling kos?

Lollos: Gesonde kos soos vrugte, groente, vleis en dan beslis Lalalollies.

BCT: Wat dink Lollos van die kinders in Benoni-land?

Lollos: Hy kan nie wag om saam met hulle te sing en dans nie. Hy hoor hulle lag en dans te lekker.

 

Wen met Lollos

Lollos gee ‘n splinternuwe Lollos 8 – Skaterlag CD weg, asook ‘n stel dubbelkaartjies as pryse vir twee gelukkige lesers.

Om aan die kompetisie deel te neem, antwoord dié vraag: Watter kleur hou Lollos die meeste van?

Stuur antwoorde na erikd@caxton.co.za voor 12nm op Vrydag (3 Maart).


 

Also read:

Win tickets to The Festival

Follow us on these platforms:

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217

Instagram: benonicitytimes.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button