NewsSchools

Brandwag trots met oorwinning

Hoërskool Brandwag is onlangs erken as die top openbare skool in Ekurhuleni-Noord.

Die skool is by die Ekurhuleni-Noorddistrik meriete toekenningsfunksie, wat by Emperors Palace gehou is, vereer met die toekenning.

Skoolhoof James Wright sê hy is baie trots op die skool, wat die toekenning ook laas jaar verower het.

Die prys word jaarliks toegeken aan die skool wat die top akademiese resultate behaal in die gebied, wat Benoni, Kempton Park, Germiston en Edenvale insluit.

Drie van die skool se onderwysers en matriek leerder Cara Duvenage is ook vereer in die kategorie vir openbare skole.

Duvenage het gewen as die beste leerder in verbuikerstudie.

Cara Duvenage het vier onderskeidings behaal tydens die 2016 matriek eksamens.

Anton Geyser het die toekenning vir beste onderwyser in rekeningkunde gewen.

Anita van Rooyen het gewen as beste onderwyser in inligtingstegnologie.

Soritha du Plessis is toegeken as beste visuele kuns onderwyser.

“Dis lekker om in ons 100ste jaar hierdie te wen, ons is baie dankbaar,” het Wright gesê.

“Ons het nie verwag om te wen nie.”

Wright sê die oorwinning is die eindproduk van harde werk deur toegewyde personeel en kinders wat “besef akademie is ongelooflik belangrik”.

Brandwag het ‘n 99.31 persent slaagsyfer en 78.5 persent universiteitsvrystelling behaal, en 189 onderskeidings uit 146 matriek leerders gekry.

 

Lees ook:

Prefects are announced

Hans Moore lui graad agts in

Volg ons ook op hierdie platforms:

“Like” ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

Instagram: benonicitytimes.co.za

Related Articles

Back to top button