Die Laerskool Northmead se kleuters het onlangs hul tweede kwartaal afgesluit deur weereens diep spoortjies te trap by hul jaarlikse Oupa en Oumadag, met die tema Reis na Gister.
Die Laerskool Northmead se kleuters het onlangs hul tweede kwartaal afgesluit deur weereens diep spoortjies te trap by hul jaarlikse Oupa en Oumadag, met die tema Reis na Gister. Ds Braam Klopper het talle grootouers op die dag toegespreek en gaskunstenaars Sunel Venter en David Ras het die gehoor vermaak met hul talent. Kleuters van die Laerskool Northmead se pre-primêre skool tree hier op vir hul grootouers.