NewsSchools

Laerskool Rynfield se trompoppies kom bo uit

Trommies3
Trompoppies van die Laerskool Rynfield het gedurende die Julie-vakansie aan die Suid-Afrikaanse Trompoppie Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Hulle is aangewys as SA Kampioene en ook as “Champion of Champions”. Die twee leiers, Shannica Burmeister en Danaé van der Merwe, is ook aangewys as SA wenners. Dit is die eerste keer in dié kampioenskappe se geskiedenis dat alle afdelings van die kompetisie deur dieselfde skool gewen is. Hier is die span in aksie te sien.

Related Articles

Back to top button