God seën hulle huwelik al 60 jaar lank

Na 60 jaar bieg Cobus (82) en Drien (84) Schutte dat aan God hul lang en gelukkige huwelik aan God se genade te danke is.

Die paar, wie in Crystal Park woonagtig is, vier op Dinsdag, 11 Desember, hul huweliksherdenking.

Hulle is in 1954 getroud, nadat hulle as jeugdiges by die Gereformeerde Kerk Melville ontmoet het.

Die paar is geseën met vier kinders, Sarel, Hendie, Tanet en Rina du Toit, vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Cobus, ‘n oud Brandwag leerder, het vertel dat hy Drien vir niks sal verruil nie.

Hy was al te saam vir 27 jaar in die weermag, waarvan hy drie jaar in die vloot was.

Hiertydens het Drien hulle kinders versorg en hom getrou ondersteun.

Haar beroep was om aankope vir ‘n groot groep apteke te doen.

Die twee het gelyktydig afgetree.

Vandag is Cobus se stokperdjie handewerk, terwyl Drien brei- en hekelwerk geniet.

Hulle advies aan jong pare is om gereeld te bid.

“Dit gebeur so maklik dat wanneer dinge moeilik gaan, pare uitmekaar gaan; bid en dinge sal vir julle uitwerk,” het Cobus vertel.

Die paar se herdenkingsplan was net ‘n rustige ete saam.

Exit mobile version